Welkom by ‘n lewe in volle blom!
"As ons die kennis het om moeilike situasies in ons lewens te hanteer, sal ons nie net oorleef nie; ons sal floreer en 'n lewe in volle blom leef, soos 'n LelieBlom."

Welkom by ‘n lewe in volle blom!

"As ons die kennis het om moeilike situasies in ons lewens te hanteer, sal ons nie net oorleef nie; ons sal floreer en 'n lewe in volle blom leef, soos 'n LelieBlom."
Maak die Lelieblom-lewensuitkyk deel van jou roetine.
Nou Beskikbaar
Die Lelieblom inspireer met wyshede, bemoediging en positiewe gedagtes. Ons lewenspad is vol lesse wat ons kan aanwend om emosioneel van krag tot krag te gaan. Ons het ook nodig om die kompas in ons siel te gebruik sodat ons in die regte rigting sal stap.

Soos wat Robert H. Schuller dit stel: "Tough times never last, but tough people do." Onthou: Sukses is nimmereindigend en mislukking is nooit finaal nie.

"Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad", is nie net ń boek nie, dit is ń leefstyl.
Nou Beskikbaar
Die Lelieblom inspireer met wyshede, bemoediging en positiewe gedagtes. Ons lewenspad is vol lesse wat ons kan aanwend om emosioneel van krag tot krag te gaan. Ons het ook nodig om die kompas in ons siel te gebruik sodat ons in die regte rigting sal stap.

Soos wat Robert H. Schuller dit stel: "Tough times never last, but tough people do." Onthou: Sukses is nimmereindigend en mislukking is nooit finaal nie.

"Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad", is nie net ń boek nie, dit is ń leefstyl.
INFO
Oor die boek
Die Lelieblom boek is nou beskikbaar. "Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad" boek val weg op ʼn outobiografiese noot deur kortliks te vertel van ons gesin se lewenspad wat in ’n oogwink in ’n onbekende, gevaarlik kronkelende grondpad verander het – en hoe ons dit oorleef het.
Oor My
Ek en my man bly tans in Suid-Afrika nadat ons vir ʼn paar jaar woonagtig was in Europa. Ons het drie volwasse kinders en ’n paar worshondjies. Ons is lief om te reis en mooi plekke te ontdek. Ek het ’n hart vir mense. Ek is lief vir die natuur, digkuns, skryf, verf, musiek en om te bak en brou in die kombuis. Ek hou daarvan om alles om my mooi te maak en om die innerlike skoonheid van mense raak te sien en te waardeer.

Die Lelieblom is nie net ’n boek nie, dit is ’n leefstyl. In Die Lelieblom deel ek ’n kort outobiografie met gedagtes en idees wat jou bemoedig en bemagtig vir die stap op jou lewenspad. Ons almal stap ’n pad in die lewe. Soms kaalvoet op ’n grondpad met gevaarlike afdraai paadjies. Ons weet nie wat om die draai vir ons wag nie, en dit sal almal baie help indien ons ’n bietjie voorbereid is op die lewe.
Wat is die Lelieblom Leefstyl?
Dit is 'n manier om jou lewe te leef met opregte dankbaarheid en 'n positiewe ingesteldheid. "Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad" boek en die toepassing van die waardes van die Lelieblom leefstyl is lewensveranderend. My familie en ek kan hiervan getuig, en ek deel graag ons gedagtes oor die lewe. Ons wil almal 'n geseënde lewe leef. Wanneer ons besef dat ons almal uitdagings in die lewe het en dat hulle nooit eindig nie, kan ons voorbereid wees. Ons het mekaar nodig; ons is nie bedoel om alleen te wees in moeilike tye met uitdagings nie. As ons die kennis, emosionele veerkragtigheid en geestelike sterkte besit, kan ons moeilike situasies in ons lewens hanteer en nie net oorleef nie; ons sal floreer en soos 'n Lelie blom op die paaie wat ons bewandel. Ons sal in staat wees om diegene om ons te bemoedig en te ondersteun en 'n betekenisvolle verskil in ander en ook ons eie lewens maak.
Wat kan jy in die toekoms verwag van die Lelieblom leefstyl webtuiste & Sosiale media
Op die webwerf kan jy Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad boek koop, interessante items soos luukse handgemaakte sepies met essensiële olies en gesonde Kakaodoptee. Ons het Verfrissende Kakaodop en Ment Oggend tee, Romantiese Kakaodop en Roos middag tee en Ontspannende Kakaodop, Kamille en Jasmyn aand tee. Hou die nuus dop vir nog interessanthede. Jy sal ook inspirasie, aanmoediging, leefstyl idees, positiewe gedagtes en die nuutste nuus oor die Lelieblom leefstyl vind.

Sosiale media bied ook ’n baie oulike dagplan:

Moedige Maandag: Inspirasie, en bemoediging vir die stap op ons lewenspad.
Dienstige Dinsdag: Bemoediging uit Die Lelieblom Boek.
Wenk-Woensdag: ’n Wenk, Resep of idee om iets oulik te maak.
Dankbaarheids Donderdag: Daar is soveel waarvoor ons dankbaar kan wees.
Vrolike Vrydag: Interessante feite uit Die Lelieblom of ’n Vrolike gedagte of twee.
Spirituele Sondag: Wyshede wat ons meer van kan leer,
Lelieblom Instagram
"Die LelieBlom en Moed vir die Stap op Ons Lewenspad" ontvou op ‘n outobiografiese noot...
Ek is Leilani, die skrywer van "Die Lelie en die Moed vir die Stap op Ons Lewenspad," ...
Die luukse handgemaakte seep met essensiële olies word spesiaal vir "LilyBloom Lifestyle"...
Die unieke en nuwe gier in gesondheid is Kakaodop-tee en 'n verskeidenheid tees...
Kontak my
Ek sal graag van jou wil hoor.
Volg Lilybloom Leefstyl om die lewe ten volle te geniet.

FaceBook: Lily Bloom Lifestyle
Instagram: LilyBloomLifestyle
E-pos: lilybloomlifestyle@gmail.com
lilybloomlifestyle@gmail.com

© Alle Regte Voorbehou LilyBloom Lifestyle 2024
Webwerf Ontwerp deur Businessly (Pty) Ltd.