Die LelieBlom en Moed vir die Stap op Ons Lewenspad
"Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad" boek val weg op ń outobiografiese noot deur kortliks te vertel van ons gesin se lewenspad wat in ń oogwink in ń onbekende, gevaarlik kronkelende grondpad verander het – en hoe ons dit oorleef het.
Die lewe is nie maklik nie. Ons almal het probleme. Die lewenspad is dikwels besaai met dorings en soms bevind ons onsself op die grondpad van die lewe. Ons is nie altyd voorbereid op ń storm wat ons lewe in ń oogwink en vinniger as ń gedagte kan verander nie. ń Lelie is vir my besonders en simboliseer eerlikheid, opregtheid, innerlike skoonheid en kennis. Dit is nodig om onsself deur God se oë te sien en vir onsself lief te wees sodat ons ń gelukkige en suksesvolle lewe kan leef. Ons is almal uniek met verskillende talente en baie kosbaar. Ons is soos blomme, elkeen is besonders.
Die Lelieblom inspireer met wyshede, bemoediging en positiewe gedagtes. Ons lewenspad is vol lesse wat ons kan aanwend om emosioneel van krag tot krag te gaan. Ons het ook nodig om die kompas in ons siel te gebruik sodat ons in die regte rigting sal stap.
Soos wat Robert H. Schuller dit stel: "Tough times never last, but tough people do." Onthou: Sukses is nimmereindigend en mislukking is nooit finaal nie.
"Die Lelieblom en moed vir die stap op ons lewenspad", is nie net ń boek nie, dit is ń leefstyl.